Dinsdag 14 April 2026
Maandag 16 Maart 2026
2026
Die eerste kwartaal van 2026 is al amper verby en heelwat het al by die kerk en in die gemeente gebeur
- Die Rifnuus, Desember 2025 uitgawe is gedurende die eerste amptelike Sondag waarin die program weer in aanvang geneem het aan die gemeente uitgegee. Dit kan ook HIER gelees word.
- 'n Potjiekos kompetisie het op een Maart plaasgevind:
- Prof Jan Albert van den Berg het ons kom toespreek oor die komplikasies en probleme wat voorkom as jy vasgevang is in die "Sandwich Generation":
- Die gemeente het ook die kans gehad om saam met nuwe intrekkers in die gemeente n koppie koffie en beskuit te geniet:
- Die vrouens van die gemeente kon ook inskryf vir n "Kuier en Verf aand":
- En om die kwartaal af te sluit word die jaarlikse kerkkamp :gedurende die naweek van die 27 - 29 ste Maart by Tuff Top net buite Bloemfontein gehou.
Die koste daaraan verbonde beloop R140 p.p. vir volwassenes wat oorslaap. R70 p.p. vir dagbesoekers. R70 p.p. vir kinders 6-12 jr. Kinders onder 6jr is gratis.
Kontak ds. Johan indien jy nog saam wil gaan kamp.
Saterdag 26 Julie 2025
'n Nuwe Jaar - 2025
Soos gewoontlik skop ons hierdie jaar se geestelike kalender weer af met die ‘Week van Gebed” gedurende die week van 26 Januarie, net nadat die skole begin het. Die tema, aangebied deur Ds Johan, was “Liefde vir God en Liefde vir jou mense” Ses kragtige verse uit die Woord is gebruik om die omvang van hierdie liefde aan ons oor te dra.
Matt 25:40: En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: ‘Vir
sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het,
het julle dit aan My gedoen.’
Heb 13:5: Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat
julle het. God self het gesê: “Ek sal
jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
Exodus 3:14: ‘Ek is wat Ek is. Jy
moet vir die Israeliete sê ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
Matt 7:12: As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is
dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor
julle moet optree. Gaan tree dan eerste
so teenoor hulle op. As julle so leef,
doen julle alles wat die Bybel van julle vra.”
Prediker 12: 5,7,8: …die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan, ….die
tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na
God terugkeer wat dit gegee het."
1Tess. 5:17 “Bid gedurig”
Saterdag 27 Januarie 2024
2024
Dis alweer die begin van n nuwe
jaar al voel dit of 2023 net 6 maande lank was. Die skole het begin en ons
gemeente aktiwiteite het ook in volle swang afgeskop met die gebedsweek wat die
afgelope week deur Ds Johan aangebied is. Watter beter manier om n jaar te
begin deur in oordenking van God se Woord en in gebed die jaar toe te wy aan
ons Hemelse Vader wat tog in alles ons kom en gaan bepaal.
Tydens hierdie geleenthede het
Ds Johan afgesluit met die vrae op Wilma Botha se webblad “ Heuningdruppels”:
1. Waar is jy?
2. Wil jy gesond word?
3. Toe Jesus omkyk en sien dat hulle hon volg,
vra Hy vir hulle: Wat soek julle?
4. Waarom maak julle dit vir die vrou
moeilik?
5. Waarom is julle bang?
6. Waarom het julle sulke slegte gedagtes in
julle harte? (Mat 9:4)
7. Wil julle nie ook weggaan nie? (Joh 6:67)
8. Maar sal die Seun van die mens by Sy koms
nog geloof op die aarde vind? (Luk 19:8)
9. Verstaan julle nie wat ek vir julle gedoen
het nie? (Joh 13:12)
10. Wat is dit wat julle so ernstig onder
mekaar loop en bespreek? (Luk 24:17)
11. Het jy My lief? (Joh 21:15-17)
12. Wat staan in die wet van Moses geskryf? (Luk 10:26)
Die vrae, gevra deur Jesus gedurende
Sy bediening op aarde is toegelig, elk deur die bypassende Bybelteks en konteks
en ook toegepas op ons eie lewens. Hoe sou ons Jesus hierop antwoord?
Die tydjie saam was van
onskatbare waarde vir die klompie mesnse wat dit bygewoon het omdat ons ook in
ons harte pynlik moes deurgrond oor wat ons antwoorde sou wees.
Worstel bietjie met hierdie vrae
sodat jou hart en gedagtes ook ingestel en voorberei kan word vir die eise wat
2024 weereens aan ons as gelowiges sal stel.
Mag elke gemeentelid hierdie jaar
nader aan God en Sy Woord groei, want dit is die enigste manier hoe ons staande
kan bly teen die aanslag van die lewe.
Saterdag 04 April 2020
Stasies van die kruis
Stasies van die Kruis
Mag die deelname daaraan julle versterk en bemoedig gedurende hierdie tyd van selfafsondering sodat elke gesin en gemeentelid 'n nuwe toewyding aan ons Verlosser sal beleef in die wete dat niks ons van Sy verlossings genade kan skei nie
Donderdag 24 Oktober 2019
DIE BOKS-BEDERFPAKKIE PROJEK
Ons wil graag ook ‘n bydrae maak om vreugde oor die Kerstyd aan boervroue in die droogte geteisterde gebiede te bring.
Daarom het die vrouekomitee van die kerk dit goed gedink om ook hierdie inisiatief aan die vroue van die gemeente oor te dra as daar iemand is wat daarby betrokke wil raak.
Die inhoud van ‘n bederfpakkie vir ongeveer R250 moet binne in ‘n skoenboks pas. Dit kan verskeie items insluit, waarvan die volgende goeie riglyne is:
- Een of twee pare nuwe sokkies, lipstiffie, mascara, of ‘n mooi serpie
- Hande/lyfroom, aanrol/deodorant
- Haarsjampoo en opknapper, tissues, tandepasta, tandebordel, Vaseline
- Body wash, koekie seep, waslappe, skeermessies
- Tydskrifte, geestelike dagboek, penne, potlode
- Pleisters, Panado’s, Watte, Bruistablette, Vitamiene
- Jellie- of suiglekkers, suiker, tee en koffie (cappuchino sakkies), koekies (moet dit net afsonderlike toedraai om nie met seep in aanraking te kom nie)
- Pasta, blikkies kos, kondensmelk
- Kombuisvadoek / afdroogdoek
- Vuurhoutjies
- Sit ook gerus ‘n bemoedigende briefie daarby, met jou naam en tel nommer (as jy wil) en draai dit mooi toe. Jy kan dit ook in koerantpapier of bruinpapier toedraai met ‘n mooi strik om.
Die bederfbokse kan na die kerk gebring word tot en met Sondag 10 November.
Ons sal dan sorg dat hierdie pakkies by die regte plek uitkom vir verspreiding na die mense aan wie dit gerig is.
Baie dankie by voorbaat vir jou bydrae om iemand se lewe in hierdie Kerstyd op te vrolik te midde van die omstandighede waarin hulle hulle bevind.
Saterdag 05 Oktober 2019
Donderdag 18 April 2019
Wat beteken Jesus se Kruis vir ons...
'n Swem instrukteur van 'n Amerikaanse Universiteit kon een nag nie slaap nie. Hy besluit hy gaan swem. Om nie aandag te trek nie, skakel hy nie die ligte aan nie. Hy het die omgewing van die swembad soos sy palm van sy hand geken. Hy klim op die duikplank, strek sy arms na weerskante uit en maak gereed om te duik.
Op daardie oomblik kom die maan agter 'n wolk uit en gooi sy liggaam se skaduwee teen die oorkantste muur. Die skaduwee lyk soos 'n kruis. Diep getref bly hy net so staan. Hy was nie 'n belydende Christen nie, maar daar op die duiktoring in die maanlig, in die stilte van die nag, dink hy aan Christus se kruis.
Woorde van 'n liedjie wat hy in die Sondagskool geleer het, kom in sy gedagte op: "Hy het gesterf, dat ek kon leef ..." Vreemd aangedaan, prewel hy die woorde. Hy besluit om af te klim en langs die swembad te gaan sit en die nuwe gedagtes wat so vreemd, skielik by hom opkom te gaan oordink.
Hy swaai sy bene oor die kant van die swembad om sy voete in die koel water te laat hang. Sy voete raak nie water nie. Dit is te donker om in die swembad te sien en hy klim stadig met die trappies af, een na die ander, tot op die bodem van die swembad.
Hy het nie geweet die swembad opsigter het die water uitgepomp om die volgende dag skoon water te laat inloop nie. Wat sou gebeur het as hy geduik het? Watter onuitspreeklike ingryping van genade wat hom weerhou het om te duik!
Diep aangedaan, kniel hy op die koue vloer van die swembad en dank God vir Sy groot en onverdiende ontferming. In sy hart wel 'n verlange op om nader aan hierdie God te kom. Sy geloof neem 'n verdere stap. Die skaduwee van die kruis het hom van 'n gewisse dood gered, so red Christus se kruisdood hom van die ewige dood. Alleen, knielende in die donker op die swembad se vloer, maak hy sy hart oop en neem Christus Jesus aan as sy Saligmaker !
Amen.
(Outeur onbekend)














