Ons gemeente het die voorreg om in ‘n kerk met pragtige
loodglas vensters te aanbid. Die ontwerp
van die loodglasvensters is gedoen deur Prof Fanie Riekert en sy vrou Dorothy
en die induviduele vensters is gemaak deur Hennie en Ansie Staander, eertydse lidmate van die
gemeente en Lize Botha wat drie vensters bygedra het. Watter wonderlike nalatenskap is dit nie.
Walter Muller, die voorsitter van die Getuieniskomissie,
het onlangs weer die herkoms van die pragtige vensters so bietjie afgestof en
die aanvanklike boekie wat uitgegee is nadat dit geinstalleer is, hersaamgestel.
Hierin is die temas wat uitgebeeld word
in groepe asook die simboliek en betekenis van elke venster vervat– ‘n pragtige koffietafelboek met ‘n
diep spirituele betekenis. Daar
is by elke hoofingang ‘n A4 grootte boek met kleurfotos.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking