Betekenis van die Loodglas vensters

 

Ons gemeente het die voorreg om in ‘n kerk met pragtige loodglas vensters te  aanbid. Die ontwerp van die loodglasvensters is gedoen deur Prof Fanie Riekert en sy vrou Dorothy en die induviduele vensters is gemaak deur Hennie en Ansie Staander, eertydse lidmate van die gemeente en Lize Botha wat drie vensters bygedra het.  Watter wonderlike nalatenskap is dit nie.

Walter Muller, die voorsitter van die Getuieniskomissie, het onlangs weer die herkoms van die pragtige vensters so bietjie afgestof en die aanvanklike boekie wat uitgegee is nadat dit geinstalleer is, hersaamgestel. Hierin is die  temas wat uitgebeeld word in groepe asook die simboliek en betekenis van elke venster  vervat– ‘n pragtige koffietafelboek met ‘n diep spirituele betekenis. Daar is by elke hoofingang ‘n A4 grootte boek met kleurfotos. 


Dit is ook in PDF formaat hier besigtig word.
Simboliek die van Loodglas vensters

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

2026

Die eerste kwartaal van 2026 is al amper verby en heelwat het al by die kerk en in die gemeente gebeur Die Rifnuus, Desember 2025  uitgawe i...