Diensbeurte

Jongste diensbeurtlys 



Geagte Omgeegroepleier

Ons gemeente ondersteun “Huis Nederig” te Jac van Rhyn 129 met materiĆ«le en geestelike middele. Ons ondersteun hul ook met die verskaffing van kos vir een middagete per week op ’n Woensdag. Ons gee nie ’n gekookte ete nie, maar bloot bestanddele of rou rantsoene soos hul behoefte is.

U kan maalvleis, wors of sopbene by die slaghuis koop en vir hul gee as u kan . Daar is tans ongeveer 25 inwoners waarvan meeste verswakte bejaardes is. Dit sluit ook die “careworkers” en versorgers in.

Daar is deurlopend behoefte aan suiker, koffie, rooibostee, mieliemeel, slaaigoed en weggooidoeke vir volwassenes.

Ons wil u egter vra om weekliks eers die toesighouers te bel en te hoor waaraan hul die betrokke week behoefte het. Hulle ontvang ook ander skenkings.
Skakel asb. met Annetjie Venter by: 078 156 6943.

Baie dankie vir u bereidwilligheid om by hierdie aksie betrokke te wees.

Ds Johan

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

'n Nuwe Jaar - 2025

  Soos gewoontlik  skop ons hierdie jaar se geestelike kalender weer af met die ‘Week van Gebed”   gedurende die week van 26 Januarie, net n...