Omgeebediening

Ons gemeente is opgedeel in omgeegroepe vir almal wat deel van n omgeegroep wil wees.  Die onderskeie omgeegroepe kom enigeiets van weekliks tot maandelik of kwartaliks byeen om mekaar se lief en leed te deel, Bybelstudie te doen en sommer net lekker saam te kuier. Elke omgeegroep het sy eie karakter en werkswyse. As jy graag iewers wil inskakel kyk gerus na die bestaande groepe en as jy n nuwe groep wil stig - jy is welkom.

Die omgeegroepe is ook verder betrokke by hulpverlening  by die plaasmark  se vleis en biltong verkope en tydens die erediense, soos om kerk bywoners by die deure te verwelkom, kollekte op te neem en aan Huis Nederig se behoeftes te voorsien.  n Dienslys word vir hierdie doel van tyd tot tyd saamgestel sodat elke omgeegroep weet wanneer hul diensbeurt plaasvind en wanneer hulle verantwoordelik is om n bydra tot Huis Nederig se onderhoud te maak. Al hierdie aktiwiteite word dan oor een naweek verrig soos aangedui op die diensrooster.

Diegene wat nie deel wil wees van die vaste reelings van n omgeegroep nie is welkom om ook hul name op te gee vir hulpverlening by enige van die  bogenoemde dienste. Dit gebeur dikwels dat n omgeegroep se lede tydens die diensnaweek bietjie uitgedun is en dan sal dit baie waardevol wees as ons mens van die 'bystandslys' af kan nader om te help.

Hier volg die bestaande omgeegroepe met elkeen se profiel: 

Omgeegroep 1:


Omgeegroep 5:




Omgeegroep 7:




Omgeegroep 8:




Omgeegroep 9:



Omgeegroep 11:




Omgeegroep 12:










Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

  2024 Dis alweer die begin van n nuwe jaar al voel dit of 2023 net 6 maande lank was. Die skole het begin en ons gemeente aktiwiteite het...