Maandag 16 Maart 2026

2026

Die eerste kwartaal van 2026 is al amper verby en heelwat het al by die kerk en in die gemeente gebeur

  • Die Rifnuus, Desember 2025  uitgawe is gedurende die eerste amptelike Sondag waarin die program weer in aanvang geneem het aan die gemeente uitgegee. Dit kan ook HIER gelees word.




  • Die gemeente het ook die  kans gehad om saam met nuwe intrekkers in die gemeente n koppie koffie en beskuit te geniet:


  • En om die kwartaal af te sluit word die jaarlikse kerkkamp :gedurende die naweek van die 27 - 29 ste Maart by  Tuff Top net buite Bloemfontein gehou. 

Die koste daaraan verbonde beloop R140 p.p. vir volwassenes wat oorslaap. R70 p.p. vir dagbesoekers. R70 p.p. vir kinders 6-12 jr. Kinders onder 6jr is gratis.

 Kontak ds. Johan indien jy  nog saam wil gaan kamp.


Saterdag 26 Julie 2025

'n Nuwe Jaar - 2025

 Soos gewoontlik  skop ons hierdie jaar se geestelike kalender weer af met die ‘Week van Gebed”  gedurende die week van 26 Januarie, net nadat die skole begin het. Die tema, aangebied deur Ds Johan, was “Liefde vir God en Liefde vir jou mense”  Ses kragtige verse uit die Woord  is gebruik om die omvang van hierdie liefde aan ons oor te dra. 

 

Matt 25:40: En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: ‘Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Heb 13:5: Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.  God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Exodus 3:14: ‘Ek is wat Ek is.  Jy moet vir die Israeliete sê ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

Matt 7:12: As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree.  Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op.  As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra.”

Prediker 12: 5,7,8: …die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan, ….die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het."

1Tess. 5:17 “Bid gedurig”

Pinkster 2026