Saterdag 04 April 2020

Stasies van die kruis

In hierdie vreemde tyd waarin ons ons nou bevind, waartydens die oploop na Paasfees nie deur die gemeenskap van die heiliges op n fisiese wyse gevier kan word nie, is die take wat vervat word in die  onderstaande skakel handig om deur huisgesinne saam beleef te word in die dae voor Paasfees

Stasies van die Kruis


Mag die deelname daaraan julle versterk en bemoedig gedurende hierdie tyd van selfafsondering sodat elke gesin en gemeentelid 'n nuwe toewyding aan ons Verlosser sal beleef in die wete dat niks ons van Sy verlossings genade kan skei nie

Donderdag 24 Oktober 2019

DIE BOKS-BEDERFPAKKIE PROJEK



Ons wil graag ook ‘n bydrae maak om vreugde oor die Kerstyd aan boervroue in die droogte geteisterde gebiede te bring.
Daarom het die vrouekomitee van die kerk dit goed gedink om ook hierdie inisiatief aan die vroue van die gemeente oor te dra as daar iemand is wat daarby betrokke wil raak.
Die inhoud van ‘n bederfpakkie vir ongeveer
R250 moet binne in ‘n skoenboks pas. Dit kan verskeie items insluit, waarvan die volgende goeie riglyne is:
  • Een of twee pare nuwe sokkies, lipstiffie, mascara, of ‘n mooi serpie
  • Hande/lyfroom, aanrol/deodorant
  • Haarsjampoo en opknapper, tissues, tandepasta, tandebordel, Vaseline
  • Body wash, koekie seep, waslappe, skeermessies
  • Tydskrifte, geestelike dagboek, penne, potlode
  • Pleisters, Panado’s, Watte, Bruistablette, Vitamiene
  • Jellie- of suiglekkers, suiker, tee en koffie (cappuchino sakkies), koekies (moet dit net afsonderlike toedraai om nie met seep in aanraking te kom nie)
  • Pasta, blikkies kos, kondensmelk
  • Kombuisvadoek / afdroogdoek
  • Vuurhoutjies
  • Sit ook gerus ‘n bemoedigende briefie daarby, met jou naam en tel nommer (as jy wil) en draai dit mooi toe. Jy kan dit ook in koerantpapier of bruinpapier toedraai met ‘n mooi strik om.

Die bederfbokse kan na die kerk gebring word tot en met Sondag 10 November.
Ons sal dan sorg dat hierdie pakkies by die regte plek uitkom vir verspreiding na die mense aan wie dit gerig is.
Baie dankie by voorbaat vir jou bydrae om iemand se lewe in hierdie Kerstyd op te vrolik te midde van die omstandighede waarin hulle hulle bevind.

Pinkster 2026

 Volledige klankopnames van die reeks