Saterdag 26 Julie 2025

'n Nuwe Jaar - 2025

 Soos gewoontlik  skop ons hierdie jaar se geestelike kalender weer af met die ‘Week van Gebed”  gedurende die week van 26 Januarie, net nadat die skole begin het. Die tema, aangebied deur Ds Johan, was “Liefde vir God en Liefde vir jou mense”  Ses kragtige verse uit die Woord  is gebruik om die omvang van hierdie liefde aan ons oor te dra. 

 

Matt 25:40: En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: ‘Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Heb 13:5: Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.  God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Exodus 3:14: ‘Ek is wat Ek is.  Jy moet vir die Israeliete sê ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

Matt 7:12: As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree.  Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op.  As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra.”

Prediker 12: 5,7,8: …die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan, ….die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het."

1Tess. 5:17 “Bid gedurig”

'n Nuwe Jaar - 2025

  Soos gewoontlik  skop ons hierdie jaar se geestelike kalender weer af met die ‘Week van Gebed”   gedurende die week van 26 Januarie, net n...